Huur of koop -- albei het voordele
Sake Rapport - 26 Junie 2011
Die koste verbonde aan huisbesit kan voornemende huiskopers wat glo dat koop beter is as huur, weer laat dink.
Mnr Ewald Kellerman, eiendomsontleder by FNB, se omdat huiskoop waarskynlik die grootste finansiele besluit is wat 'n voornemende koper ooit gaan neem, is dit raadsaam om dalk eers te huur voordat hulle hulle daartoe verbind om 'n eie huis te besit.
Albei die opsies het egter voordele en nadele.
Om 'n eie huis te koop het in die eerste paar jaar 'n hoe prys. Nie net is daar hereregte en prokureursgeld om oor bekommerd te wees nie, daar is ook aanvanklik 'n groot maandelikse verbandterugbetaling. Dit raak goedkoper namate die huis in waarde toeneem en die huislening kleiner begin raak, se Kellerman.
Daarteenoor is die aanvanklike goedkoper om te huur, maar die huurgeld styg elke jaar sonder dat die huurder die voordeel geniet van 'n toename in die waarde van die eiendom. Die styging in huurgeld kan dit mettertyd duurder maak as om 'n huis te besit.
Koop is dus duurder in die eerste paar jaar, maar raak later goedkoper, terwyl huur al hoe duurder raak, se hy.
Die gelykspeelpunt, waar dit min of meer dieselfde kos om te koop as om te huur, word op tussen ses en agt jaar geraam, afhangende van die verbruiker se finansiele posisie en hoe die eiendomsmark vaar. Huispryse het die afgelope drie jaar so swak gevaar dat dit selfs tot 10 jaar kan toeneem.
Mnr Erwin Rode, eiendomswaardeerder en -ekonoom van Rode & Genote, reken dis uit 'n suiwer beleggingsoogpunt nou beter om 'n woonplek te huur as om een te besit.
Iemand wat die verskil tussen wat 'n paaiement op 'n huislening sou wees en sy huurgeld op 'n soortgelyke huis getrou in 'n ander bateklas met 'n beter totale opbrengs (inkomste en kapitaal) bele, sal oor vyf jaar stukke beter daaraan toe wees as wat hy sou gewees het as hy 'n huis gekoop het.
Hy se min mense het egter die dissipline om dit so te doen. Kellerman se om te huur en enige ekstra kontant te bestee, is veel erger as om 'n huis te besit en dit dan oor 'n kort ruk weer te moet verkoop.




0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home