Hanlie's Properties -- Paarl, South Africa

Thursday, March 17, 2011

Kopers neig meer na kleiner huise

Die Burger, 8 Maart 2011

Kleiner, meer bekostigbare huisvesting speel op die oomblik ‘n groot rol in die Suid- Afrikaanse huismrk.

Nie net dwing huiskopers se finansiële posisie hulle om deesdae op kleiner eiendomme te fokus nie, maar dit lyk asof ontwikkelaars van hoë-digtheidsbehuising ook die afgelope paar jaar kleiner eiendomme na die mark bring.

Die kleinhuis-kategorie (80 m² - 140 m²) het in Februarie die beste gevaar ten opsigte van prysgroei en huispryse was 4,3% hoër as in Februarie verlede jaar, blyk uit ABSA se nuutste huisprysindeks. Dit het die gemiddelde prys van ‘n huis in die kategorie op R784 623 te staan gebring teenoor die R752 486 in Februarie verlede jaar. In die jaar tot dusver het die kategorie huisprysgroei van 5,3% op ‘n jaargrondslag gelewer.

Mnr Jacques du Toit, senior eiendomsontleder by ABSA se huisleningsafdeling, sê dit lyk asof ontwikkelaars deesdae kleiner eiendomme na die mark bring. Sedert 2004 het die bou-oppervlakte van hoëdigtheidseiendomme soos meenthuise en woonstelle beduidend afgeneem.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se syfers het die gemiddelde grootte van meenthuise wat voltooi is, in 2010 afgeneem tot 96 m² van 147 m² in 2004. Hy skryf die tendens toe aan ‘n voortgesette skaarste aan grond wat van dienste voorsien is in metropolitaanse gebiede.

Huispryse van middelgrootte-huise (141 m² - 220 m²) het in Februarie afgeplat tot groei van 1,5% op ‘n jaargrondslag. Dit het die gemiddelde prys van ‘n huis in die kategorie op R982 200 te staan gebring.

Du Toit sê die lae groeisyfer weerspieël die druk waaronder die middelinkomste-segment verkeer. “Die huishoudings het ‘n hoë skuldlas en dis ook die segment waar werkverliese in 2010 ‘n uitwerking gehad het.”

Die pryse van groot huise (221 m² - 400 m²) het in Februarie groei van 3,7% getoon, wat die gemiddelde prys van ‘n huis in die kategorie op R 1 949 600 te staan gebring het.
Hy sê die lae groeisyfers in huispryse gaan implikasies hê vir verkopers, veral diegene wat hardnekkig vasklou aan onrealistiese prysverwagtings. Soos die huismark nou daar uitsien, is dit grootliks ‘n kopersmark, waarby kopers met toegang tot finansiering gaan baat vind. Vir die jaar as ‘n geheel verwag hy dat huispryse teen sowat 1,5% sal toeneem.

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home

My Photo
Name:
Location: Paarl, Western Cape, South Africa

Hanlie de Waal, is a property consultant and owner / principal of this company. As a property consultant for two large national Property Groups for ten years, I have gained extensive experience in the residential property market of Paarl. During seven of these years I was fortunate to receive numerous awards as Top Sales Agent, both locally and nationally. Although we are an independent real estate company, we have all the infrastructure necessary to provide a professional and effective service to our clients. We have the benefit to personalise our service and to negotiate a commission structure to suit all our clients. My mission is to work hard and enjoy what I do and be therefore professional in my approach towards my clients. I want to live up to the highest standard of the property service that every human is entitled to. My logo reflects my attitude towards my clients and work : "Personalised service!". My clients are my best advertisement and referral structure in my company.

Previous Posts

Powered by Blogger

Subscribe to
Posts [Atom]