Hanlie's Properties -- Paarl, South Africa

Thursday, November 22, 2007

Ontwikkelaar wil karakter behou in Paarl Suid Africa

DIE eiendomsontwikkelaar Aslo Holdings loods vandeesweek die bemarking van The Vines, ’n nuwe woonstelblok in Hoofstraat, Noorder-Paarl. Daar sal altesame 42 woonstelle beskikbaar wees en die gebou van drie verdiepings het puik uitsigte op Paarlberg, die Paarlvallei en die Drakensteinberge. Dit bied ’n goeie geleentheid vir beleggers. Die woonstelle word nou reeds bemark en sal teen begin van 2009 gelewer word.

’n Deposito van net 5% word vereis en betalings op verbande sal eers ná lewering begin. “Dis ’n uitstekende belegging,” sê Johannes Barnard, besturende direkteur van A-Property Sales, ’n filiaal van Aslo wat vir die verkope van die woonstelle verantwoordelik sal wees. Verbande sal ook van ’n filiaal, A-Mortgage Loan, beskikbaar wees.

’n Goeie aanduiding van ’n ontwikkelaar se vertroue in sy produkte is wanneer hy bereid is om van die eenhede vir homself as ’n belegging terug te hou. Aslo gaan in die geval van The Vines 14 eenhede hou. Die moedermaatskappy is benewens The Vines betrokke by 17 ander ontwikkelings met ’n waarde van R2 miljard in die Wes-Kaap.

Die maatskappy is in die Paarl gesetel waar hy bekend is vir sy bydrae tot die bewaring van die karakter van die Hoofstraat. Dieselfde geld vir die bewaring van die oorspronklike gebou op die perseel waar The Vines opgerig word. “Die huis is oorspronklik in die Victoriaanse styl gebou en later in die jare 40 of 50 aangepas met rustiek blokvormige pilare.

“Die kombinasie van dié pilare en die loodglasvensters maak dit ’n uitsonderlike gebou wat bewaar moet word om die konteks van die Paarlse Hoofstraat te behou,” sê dr Elzet Albertyn, Paarlse kultuurhistorikus. “Met hierdie projek herbevestig ons ons vertroue in die Paarl en sy hoofstraat met al sy waarde vir beleggingsmoontlikhede,” sê Anton Louw, voorsitter van Aslo.

Die gebou sal mettertyd, soos Aslo se drie ander geboue in die Hoofstraat, vir kantore gebruik word. Die vier geboue wat Aslo nou help bewaar, is Hoofstraat 195 en 205, wat langs mekaar is, asook 113 en 474.

Labels:

1 Comments:

Anonymous Anonymous said...

I want not approve on it. I think nice post. Expressly the title-deed attracted me to study the unscathed story.

January 15, 2010 at 8:41 PM

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home

My Photo
Name:
Location: Paarl, Western Cape, South Africa

Hanlie de Waal, is a property consultant and owner / principal of this company. As a property consultant for two large national Property Groups for ten years, I have gained extensive experience in the residential property market of Paarl. During seven of these years I was fortunate to receive numerous awards as Top Sales Agent, both locally and nationally. Although we are an independent real estate company, we have all the infrastructure necessary to provide a professional and effective service to our clients. We have the benefit to personalise our service and to negotiate a commission structure to suit all our clients. My mission is to work hard and enjoy what I do and be therefore professional in my approach towards my clients. I want to live up to the highest standard of the property service that every human is entitled to. My logo reflects my attitude towards my clients and work : "Personalised service!". My clients are my best advertisement and referral structure in my company.

Previous Posts

Powered by Blogger

Subscribe to
Posts [Atom]